
NUUSBLAD
NUUSBRIEF

Derde Kwartaal verslag
01 Oktober 2021
Geagte Ouer / Voog
Eerstens wil ons, ons Hemelse Vader bedank vir die afgelope kwartaal waardeur Hy ons gedra het. Ook 'n hartlik dank aan al ons ouers wie ons so getrou bygestaan het.
AKADEMIE:
Baie van ons leerders het nie die volle eksamen afgelê nie as gevolg van onnodige afwesigheid of Kovid-19 verwante gevalle. Dit het 'n geweldige impak op die uitslae van hierdie kwartaal. Ons wil ouers vra om dringend aandag aan hierdie aspek te gee. Ouers word ook gevra om alle leerders gereeld skool toe te stuur.
FONDSINSAMELING:
Baie dankie aan die ouers wie ons woekerpogings ondersteun het. Die volgende poging vindplaas op 15 Oktober 2021 in die vorm van 'n Halloweendag. Daar sal pakkies teen R10 verkoop word.
Die skool begin 11 Oktober 2021 op die bestaande reeling. Alle graad R en graad 7-leerders elke dag. Ander grade soos die huidige program dit verwag. Indien enige veranderinge sal ons u daarvan inkennis stel.
Leerders ontvang rapporte gedurende die eerste week.
Bly veilig.
Vriendelike groete
......................................
C.J. Uithaler
(Prinsipaal)