
NUUSBLAD
NUUSBRIEF

Tweede Kwartaal verslag
30 Junie 2021
Geagte Ouer /Voog
Ons het aan die einde gekom van die 2de kwartaal. Alle lof en eer aan ons Hemelse Meester. Die vroeë sluiting van die skool het ons onkant gevang. Assessering van leerders kon nie voltooi word nie.
Ten spyte van briewe en programme is daar steeds ouers wat leerders sonder enige rede afwesig hou. Dit is 'n bron van kommer en kan daartoe lei dat leerders die graad moet herhaal.
PERSONEELSAKE:
Mnr. Rittels was sedert Mei met siekteverlof en het intussen amptelik uit die onderwys bedank met effek vanaf 01 Julie 2021. Ons dank aan Mnr. Stout wat aangebied het om ons uit te help teen 'n minimale bedrag. Die EA's en GSA's se kontrakte het op 30 April verstryk en het 'n geweldige werkslading gelaat met betrekking tot sanitering en neem van temperature. Ons vra vrywillige ouers om te help in die verband. Ons is ook innig dankbaar aan die paar jongmense wat hul dienste vrywillig aan die skool verskaf het.
FONDSINSAMELING
Die wenner van die prefekte lootjie (TELEVISIE) is Mnr. Velazi. Dankie aan almal wat'n bydrae gelewer het.
Die skool se lootjie moes uitgestel word tot 23 Julie weens swak bydrae en ondersteuning van ouers. Daar is slegs 'n paar ouers wat hul lootjies volledig betaal het. Dit is teleurstellend omdat ons met Kovid-19 geen ander fondsinsamelingspogings kon hou nie. Ons doen 'n beroep op ouers om hul samewerking en ondersteuning sodat ons kwaliteit onderrig aan u kind kan lewer. Die bingo gaan voort soos beplan. Kaartjies beloop R50 en leerders moet 'n item bring.
Neem assseblief kennis dat die voeding van leerders voortgaan tot Vrydag 02 Julie. Leeders moet vanaf 9 uur TOT 10 uur hul kos kom afhaal. Hul eie bakke moet saamgebring word.
Die skool HEROPEN op Maandag 19 JULIE 2021 vir die derde kwartaal. Verdere reelings sal later aan u bekend gemaak word.
Hou asseblief die leerders veilig tuis.
Groete
C. J Uithaler (Prinsipaal)